Die Woord voor die ja-woord 
Uitgeverij: V & R Drukkery
Jaar: 2009
Aantal pagina's: 256
Prijs:
Verkrijgbaar bij:
Onderwerpe:
Geloofsbelydenis;
die drie-enige God;
die skepping; beeld van God;
die sondeval; die Almagtige;
versoening deur voldoening;
Jesus, wie is Hy?;
uitverkies;
geloof as geskenk;
groeiende Christen, God se Gees;
Hoogspersoonlik;
met brood en beker;
die watermerk van die doop;
heilsame gebooie;
bid is asemhaal;
die laaste oordeel;
die totale vernuwing van die lewe.
Die Woord voor die ja-woord Die lewe saam met God is 'n boeiende en verrassende reis, met fantastiese uitsigte en 'n wenkende perspektief. 'n Reis waarin die Woord ons voorgaan. Die lewende Woord van God is die leidraad op die reis van jou lewe. Om God te leer ken, soos wat Hy Homself in sy Woord laat ken, is lewe. Ons lewe op die asem van sy stem. Oppad na die nuwe aarde, 'n hemel op aarde. Ds. Egbert Brink het hierdie boek geskryf vir Christene wat hulle lewensprogram deur die Bybelse boodskap laat bepaal. Dit is 'n boek wat die geloofskennis op 'n lewendige wyse oordra. Die vars en aansprekende wyse waarop in Die Woord voor die ja-woord die kennis oorgedra word, maak die boek geskik vir verskillende doeleindes: belydeniskategese, kursusse vir belydende lidmate, as naslaanwerk by persoonlike Bybelstudie, en Bybelstudie in groepsverband. Elke hoofstuk bevat 'n leesrooster, asook vrae vir verdere bespreking en verdieping. .